Tuesday, November 13, 2007

Groei vinnig

Klein Toffie is nou besig om uit sy nate te bars, is te oulik! Begin al hoe meer spelerig word en ondersoek alles. Sy eet net iets vreesliks, het omtrent 'n permanente boepens! Dit was weer die afgelope week koud in die Kaap, sou mense kon oortuig dit is winter. Hier is 'n foto van Toffie om te wys hoe groot sy geword het.


Die tyd vlieg vinnig verby. Volgende naweek word die rok aangepas. Die 24ste November gaan ons vir Kasper gaan kyk dit is nog net 10 dae. Daar word ook finaal getrek uit die woonstel daai naweek. Willis was nou vir 4 naweke na mekaar in die Kaap, hy gaan nog vir die 24ste Nov en dan die 14de Des afkom!
Groete aan almal. Voorspoed en seen vir almal.
Cheers

Saturday, November 3, 2007

Ons baba

Het hierdie week besluit, katte grootmaak is soveel makliker as kinders kry... Hulle is net vir 'n skrale 4 weke klein, dra nie doeke nie, slaap die meeste van die tyd en is te pragtig! Kan nie glo dat klein Toffie al in hierdie week so vreeslik groot gewor het nie! Hier kan julle sien haar ogies is oop na 'n besoekie by die diere hospitaal nadat haar een ogie begin op swel het! Maar soos julle kan sien is sy perd fris en gesond!

Ons het vandag haar spuit ingeruil vir 'n baba bottel en kyk net hoe lekker drink sy!
Ons maak vandag reg vir die groot trek more, en alles is klaar gepak en oppad JHB toe!
Groete

Sunday, October 28, 2007

Lekker naweek!

En uiteindelik lyk dit darem asof somer vir die Kaap ook aangebreek het! Na 'n paar heerlike warm dae begin ek darem nou die wintersklere te bere. Het amper gedink ek sou dit weer hierdie naweek moet uitruk, maar toe gelukkig darem nie.




Willis is darem ook die naweek en die hele volgende naweek hier onder. Volgende week word die meubels opgestuur Johannesburg toe (hier word darem 'n matras agtergelos...) Die tyd vlieg darem behoorlik vinnig! Nog net 2 maande tot die trou, of presies te wees 63 dae (daar is nou al 'n kalender op die yskas waar daar blokkies dood getrek word... :-))




Vir die wat nog nie weet tot die nuwe toevoeging tot die "amper" Blaauw familie, sit ons 'n klein fototjie op van Toffie. Sy word grooter by die dag! Ons vermoed sy is Maandagnag gebore, wat haar vandag maar 'n skrale 5 en 'n half daggies oud maak.











Hoewel sy nog lekker klein is, is syl al lekker spelerig! Rol tog te graag op haar rug, en sommer reg in die rondte. Te oulik!




Dis behoorlik nes kind grootmaak! Of popspeel...

So ja, dis wat op die oomblik gebeur. Julle sal weer van ons hoor...

Friday, October 12, 2007

Hello almal!

Het toe ons Dinsdag weer saam Andre gekuier het daar bo by Alwyn en Esme onthou ek het 'n blogspot toe hy my herinner dat ek nog niks op my blogspot het nie! :-)

Maar ek sal weer 'n poging aanwend en sien waar ek kom.

Ek is op die oomblik siek by die werk en kan nie wag vir 5uur om aan te breek nie sodat ek net in die bed kan gaan klim.

Was tot Woendag in Johannesburg by die 'potensiele nuwe werk' en kan met trots se dis darem nie meer net 'potensieel' nie! 'n Aanbod is gemaak en die handtekeninge moet nog net op al die plekke gemaak word!

Maar dis nou finaal, 'n Johannesburger sal ek word..

Die fotos sal dan weer later volg. Daar is tans 'n probleem so julle sal weer rustig moet wag.

Mooi bly almal en lekker naweek hou!
Groete

Friday, April 13, 2007

Hello daar almal!

Wil darem net hello se so die eerste keer 'op die lug'...

Is maar nog effens vrremd met hierdie blog ding, so dit gaan seker maar stamperig en stoterig hier aan die begin gaan!

En net vir die wat nog nie weet nie - ek en Willis is verloof!! Sal een van die dae bietjie fotos op die blog sit.

Maar anyway, ek groet eers tot 'n volgende keer!

Anneke