Sunday, October 28, 2007

Lekker naweek!

En uiteindelik lyk dit darem asof somer vir die Kaap ook aangebreek het! Na 'n paar heerlike warm dae begin ek darem nou die wintersklere te bere. Het amper gedink ek sou dit weer hierdie naweek moet uitruk, maar toe gelukkig darem nie.




Willis is darem ook die naweek en die hele volgende naweek hier onder. Volgende week word die meubels opgestuur Johannesburg toe (hier word darem 'n matras agtergelos...) Die tyd vlieg darem behoorlik vinnig! Nog net 2 maande tot die trou, of presies te wees 63 dae (daar is nou al 'n kalender op die yskas waar daar blokkies dood getrek word... :-))




Vir die wat nog nie weet tot die nuwe toevoeging tot die "amper" Blaauw familie, sit ons 'n klein fototjie op van Toffie. Sy word grooter by die dag! Ons vermoed sy is Maandagnag gebore, wat haar vandag maar 'n skrale 5 en 'n half daggies oud maak.











Hoewel sy nog lekker klein is, is syl al lekker spelerig! Rol tog te graag op haar rug, en sommer reg in die rondte. Te oulik!




Dis behoorlik nes kind grootmaak! Of popspeel...

So ja, dis wat op die oomblik gebeur. Julle sal weer van ons hoor...

Friday, October 12, 2007

Hello almal!

Het toe ons Dinsdag weer saam Andre gekuier het daar bo by Alwyn en Esme onthou ek het 'n blogspot toe hy my herinner dat ek nog niks op my blogspot het nie! :-)

Maar ek sal weer 'n poging aanwend en sien waar ek kom.

Ek is op die oomblik siek by die werk en kan nie wag vir 5uur om aan te breek nie sodat ek net in die bed kan gaan klim.

Was tot Woendag in Johannesburg by die 'potensiele nuwe werk' en kan met trots se dis darem nie meer net 'potensieel' nie! 'n Aanbod is gemaak en die handtekeninge moet nog net op al die plekke gemaak word!

Maar dis nou finaal, 'n Johannesburger sal ek word..

Die fotos sal dan weer later volg. Daar is tans 'n probleem so julle sal weer rustig moet wag.

Mooi bly almal en lekker naweek hou!
Groete