Friday, June 19, 2009

Vaarwel Suid Afrika...

Op die vooraand van Anneke se vertrek na Duitland gaan dit woes in die Blaauw huishouding. Tas is half gepak, wag nog vir die res om droog te raak, skoene word nog skoongemaak en finale 'touches' word nog aan 'n presentation gedoen. Chaos! Maar more so teen 10uur more oggend behoort alles weer onder beheer te wees wanneer die optog Lughawe toe aangedurf word. Die vlug vertrek 13h45 met 'n vroee aankoms die volgende oggend Duitsland. Maar eers word daar 'n draai gemaak in Dubai om te sien waaroor al die bohaai is...

Die Blaauw magie groei ook deesdae teen die spoed van wit lig. Binne oefen die klein man verwoed vir 2010!


Willis gaan jag eerder as om Home Alone te wees. So, julle moet kom kuier en saam biltong eet!! Mooi bly, tot volgende keer!