Saturday, August 1, 2009

Augustus

Wie kan glo dis al die 1ste Augustus 2009... En dis sommer behoorlik koud in Johannesburg, nat en triestig, lekker in die bed le weer. En die tyd vlieg behoorlik verby.
Die alewig groeiende magie...



Die uitstappie na Duitsland was net wat ons nodig gehad het. Lekker warm so voor die groot koue (natuulik nie volgens Europese standaarde nie...)
Hier is 'n paar fotos























Dan groet ons weer tot volgende keer.
Mooi bly almal!

Friday, June 19, 2009

Vaarwel Suid Afrika...

Op die vooraand van Anneke se vertrek na Duitland gaan dit woes in die Blaauw huishouding. Tas is half gepak, wag nog vir die res om droog te raak, skoene word nog skoongemaak en finale 'touches' word nog aan 'n presentation gedoen. Chaos! Maar more so teen 10uur more oggend behoort alles weer onder beheer te wees wanneer die optog Lughawe toe aangedurf word. Die vlug vertrek 13h45 met 'n vroee aankoms die volgende oggend Duitsland. Maar eers word daar 'n draai gemaak in Dubai om te sien waaroor al die bohaai is...

Die Blaauw magie groei ook deesdae teen die spoed van wit lig. Binne oefen die klein man verwoed vir 2010!


Willis gaan jag eerder as om Home Alone te wees. So, julle moet kom kuier en saam biltong eet!! Mooi bly, tot volgende keer!

Wednesday, May 27, 2009

Long time no see

Hulle se TIME FLIES WHE YOUR HAVING FUN... Soveel het gebeur in die bietjie meer as 'n jaar wat die Blaauws van hulle laat hoor het. Daar was al 'n troue gewees, 'n trek na die stad waar goud aan die bome groei, 'n trek na 'n groter huis met 'n swembad (waarin Anneke nog net een keer geswem het) en ook die verwagting van 'n groot koms, kleine Willem Adriaan Blaauw (dis nou te se as die Dokter 'n goeie fotograaf is). Maar intussen het ons ook een van ons babas (sy was eintlik al 'n tiener) verloor. Dierbare Toffie het die wereld gegroet vir groener weivelde die laaste langnaweek in April. Jou spore le nog oral in die tuin, teen van die mure in ons huis en natuurlik ook diep in ons harte.






Ons wil julle graag voorstel aan hierdie beloofde bondeltjie liefde, die kleine dierbare Blaauw'tjie . Hier is hy, nog veilig in sy mamma se 'bersie toegedraai...








Ons volgende ontmoeting is volgende week waar fotograaf Dokter Viljoen nog 'n paar kiekies sal neem. So, hierdie is nie die laaste wat julle van ons sal hoor nie, vriende. Inteendeel, dis maar net die begin...
Tot volgende keer!