Wednesday, May 27, 2009

Long time no see

Hulle se TIME FLIES WHE YOUR HAVING FUN... Soveel het gebeur in die bietjie meer as 'n jaar wat die Blaauws van hulle laat hoor het. Daar was al 'n troue gewees, 'n trek na die stad waar goud aan die bome groei, 'n trek na 'n groter huis met 'n swembad (waarin Anneke nog net een keer geswem het) en ook die verwagting van 'n groot koms, kleine Willem Adriaan Blaauw (dis nou te se as die Dokter 'n goeie fotograaf is). Maar intussen het ons ook een van ons babas (sy was eintlik al 'n tiener) verloor. Dierbare Toffie het die wereld gegroet vir groener weivelde die laaste langnaweek in April. Jou spore le nog oral in die tuin, teen van die mure in ons huis en natuurlik ook diep in ons harte.






Ons wil julle graag voorstel aan hierdie beloofde bondeltjie liefde, die kleine dierbare Blaauw'tjie . Hier is hy, nog veilig in sy mamma se 'bersie toegedraai...








Ons volgende ontmoeting is volgende week waar fotograaf Dokter Viljoen nog 'n paar kiekies sal neem. So, hierdie is nie die laaste wat julle van ons sal hoor nie, vriende. Inteendeel, dis maar net die begin...
Tot volgende keer!



No comments: